Die rooieekhoring (Paraxerus palliatus) is 'n eekhoring wat inheems is aan die oostelike kusgebiede van Afrika, sekere binnelandse bergwoude asook rivierbos in Tanzanië. Die suidelike subspesie P. p. ornatus is endemies aan Ngoyebos naby Eshowe, terwyl P. p. bridgemani vanaf St. Lucia, KwaZulu-Natal, noordwaarts aangetref word. Die knaagdier kan tot 6 cm hoog en 20 tot 50 cm lank word. Hulle weeg van 200 tot 300 gram. Die diertjie met 'n wolstert, en die pels is ventraal kastaiingrooi gekleurd. Hul presiese kleur en grootte gaan met hul habitat saam. In vogtige woud is hulle groter en donkerder, en in droë bos kleiner en rooier.[3]
Die rooieekhoring (Paraxerus palliatus) is 'n eekhoring wat inheems is aan die oostelike kusgebiede van Afrika, sekere binnelandse bergwoude asook rivierbos in Tanzanië. Die suidelike subspesie P. p. ornatus is endemies aan Ngoyebos naby Eshowe, terwyl P. p. bridgemani vanaf St. Lucia, KwaZulu-Natal, noordwaarts aangetref word. Die knaagdier kan tot 6 cm hoog en 20 tot 50 cm lank word. Hulle weeg van 200 tot 300 gram. Die diertjie met 'n wolstert, en die pels is ventraal kastaiingrooi gekleurd. Hul presiese kleur en grootte gaan met hul habitat saam. In vogtige woud is hulle groter en donkerder, en in droë bos kleiner en rooier.
Die subspesie P. p. ornatus is endemies aan KwaZulu-Natal