dcsimg

Papierbek ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Papierbek (Barbus mattozi) - ook bekend as silwervis- is 'n varswatervis wat in die Limpoporivier-stelsel, die Kunenerivier, en die Gwai- en Kwandosytakke van die Zambezirivier voorkom. In Engels staan die vis bekend as Papermouth.

Voorkoms

Die vis is silwerkleurig met oranje vinne. Die vis het 'n groot bek met een of twee pare baarde om en word tot 400 mm lank. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 1.355 kg en dié van Zimbabwe is 1.304 kg.

Habitat

Die vis leef in groot poele van die koeler, standhoudende riviere en oorleef maklik in kunsmatige poele. Die vis is 'n roofvis; aanvanklik vreet hulle insekte en ongewerweldes en later, as hulle ongeveer 175 mm lank is, ander vissies. Hulle vreet ook waterleliesade. Die vis migreer stroomop met die eerste somervloed om te broei. Die vis kan 8 tot 9 jaar oud word en bereik volwassenheid na drie jaar. Hulle grootste vyande is voëls, otters, groot babers en ander groot papierpbekke.

Wetenskaplike klassifikasie

Huidige navorsing toon aan dat die Limpopo- en Kunenespesies verskillende spesies is.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Papierbek: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Papierbek (Barbus mattozi) - ook bekend as silwervis- is 'n varswatervis wat in die Limpoporivier-stelsel, die Kunenerivier, en die Gwai- en Kwandosytakke van die Zambezirivier voorkom. In Engels staan die vis bekend as Papermouth.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF