dcsimg

Langswenkgras ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Langswenkgras (Festuca arundinacea) is 'n grasspesie wat uitheems aan Suid-Afrika is, maar wydverspreid in die Vrystaat en die Wes-Kaap en Oos-Kaap voorkom. Dit is inheems aan Europa, Noord-Afrika en Wes-Asië tot in Indië, maar dit is in talle gematigde streke ingevoer en word nou ook gevind in Japan, China, die Verenigde State, Kanada, op Hawaii, Haiti en Jamaika, in Suid-Amerika (Argentinië, Chile tot in Colombia), in Australië, Nieu-Guinea en Nieu-Seeland. Dit is veral vir gebruik in grasperke en vir beweiding ingevoer.[3]

Dit is 'n langlewende meerjarige polgras, 'n koelseisoengras en 'n C3-plant. Dit het gewoonlik net kort risome en geen uitlopers nie. Die halms is onvertak, glad en regop. Die plant word 45 - 120 cm lank of soms selfs 200 cm. Die laer skedes is nie saamgesmelt nie en die blare is donkergroen van kleur, styf en gewoonlik plat. Hulle word 10 - 60 cm lank, soms tot 105 cm. Die pluime is 10 - 50 cm lank en kan groen of pers van kleur wees. Die stekeltjies is ellipties tot langwerpig en 9 -18 mm lank. Hulle bevat 3-10 blommetjies.

In streke waar dit ingevoer is, kan hierdie gras in die wildernis 'n indringerplant word. Daar is bekend dat dit as gasheer vir endofiete optree en dit verklaar 'n deel van die plant se sukses. Hierdie endofiete produseer bio-aktiewe alkaloïde wat die plant teen insekte, groot grasvreters en selfs nematodes beskerming gee. Dié infeksie kan toksisiteit onder die vee veroorsaak. Endofiet-vrye grasse is minder aggressiewe indringers as hulle besmette eweknieë [3] Die belangrikste endofiet is 'n swam wat sedert 2014 Epichloë coenophalium genoem word (ouder genus-name is Neotyphodium en Acremonium). Hierdie swam word net vertikaal oorgedra: dit wil sê deur die besmette saad. Indien die saad 'n jaar of twee bewaar word is die swam dood.[4] In die Suid-Afrikaanse saadbedryf word geen langswenkgras wat endofiete bevat, verkoop nie.[5] In Suid-Afrika word dit dikwels in weidingsmengsels met ander grasspesies gebruik, soos meerjarige raaigras (Lollium perenne) of kropaargras (Dactylis glomerata)[6]

Fotogalery

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Langswenkgras: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Langswenkgras (Festuca arundinacea) is 'n grasspesie wat uitheems aan Suid-Afrika is, maar wydverspreid in die Vrystaat en die Wes-Kaap en Oos-Kaap voorkom. Dit is inheems aan Europa, Noord-Afrika en Wes-Asië tot in Indië, maar dit is in talle gematigde streke ingevoer en word nou ook gevind in Japan, China, die Verenigde State, Kanada, op Hawaii, Haiti en Jamaika, in Suid-Amerika (Argentinië, Chile tot in Colombia), in Australië, Nieu-Guinea en Nieu-Seeland. Dit is veral vir gebruik in grasperke en vir beweiding ingevoer.

Dit is 'n langlewende meerjarige polgras, 'n koelseisoengras en 'n C3-plant. Dit het gewoonlik net kort risome en geen uitlopers nie. Die halms is onvertak, glad en regop. Die plant word 45 - 120 cm lank of soms selfs 200 cm. Die laer skedes is nie saamgesmelt nie en die blare is donkergroen van kleur, styf en gewoonlik plat. Hulle word 10 - 60 cm lank, soms tot 105 cm. Die pluime is 10 - 50 cm lank en kan groen of pers van kleur wees. Die stekeltjies is ellipties tot langwerpig en 9 -18 mm lank. Hulle bevat 3-10 blommetjies.

In streke waar dit ingevoer is, kan hierdie gras in die wildernis 'n indringerplant word. Daar is bekend dat dit as gasheer vir endofiete optree en dit verklaar 'n deel van die plant se sukses. Hierdie endofiete produseer bio-aktiewe alkaloïde wat die plant teen insekte, groot grasvreters en selfs nematodes beskerming gee. Dié infeksie kan toksisiteit onder die vee veroorsaak. Endofiet-vrye grasse is minder aggressiewe indringers as hulle besmette eweknieë Die belangrikste endofiet is 'n swam wat sedert 2014 Epichloë coenophalium genoem word (ouder genus-name is Neotyphodium en Acremonium). Hierdie swam word net vertikaal oorgedra: dit wil sê deur die besmette saad. Indien die saad 'n jaar of twee bewaar word is die swam dood. In die Suid-Afrikaanse saadbedryf word geen langswenkgras wat endofiete bevat, verkoop nie. In Suid-Afrika word dit dikwels in weidingsmengsels met ander grasspesies gebruik, soos meerjarige raaigras (Lollium perenne) of kropaargras (Dactylis glomerata)

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF