dcsimg

Zambezi elektriese-baber ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Zambezi elektriese-baber (Malapterurus shirensis) is 'n varswater vis wat voorkom in die middel en onderste gedeelte van die Zambezirivier, Pungwerivier en onderste gedeelte van die Saverivier. In Engels staan die vis bekend as die Zambezi electric catfish.

Voorkoms

Die dorsale vin is klein en die stertvin is bolrond. Die kop en lyf is rond en vlesig. Daar is drie paar baarde onder die mond. Die vis is grys aan die bokant, wit aan die onderkant en daar is onreëlmatige vlekke op die lyf. Die vis word tot 500 mm lank. Die Zimbabwese hengelrekord is 5,33 kg.

Habitat

Die vis leef tussen rotse en boomwortels in stadigvloeiende of stilstaande water. Die vis is naglewend en vreet hoofsaaklik vis wat verlam word met elektriese skokke. Die elektriese orgaan, wat skokke van tussen 300 - 400 volt lewer, bedek die hele lyf as 'n spesiale laag net onder die vel. Dit word gebruik vir beide aanval en verdediging. Die visse vorm pare en broei in uitgegraafde gate of holtes. Die spesie kan tot 10 jaar oud word.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Zambezi elektriese-baber: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Zambezi elektriese-baber (Malapterurus shirensis) is 'n varswater vis wat voorkom in die middel en onderste gedeelte van die Zambezirivier, Pungwerivier en onderste gedeelte van die Saverivier. In Engels staan die vis bekend as die Zambezi electric catfish.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF