dcsimg

Tamatie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

 src=
Tamaties aan die plant
Rooi tamatie, rou
Voedingswaarde per 100 g
Energie 20 kcal 70 kJ Koolhidrate 3.9 g - Suikers 2.6 g- Dieetvesel 1.2 g Vette0.2 g Proteien 0.9 g Water94.5 gVitamien A gelyk. 42 μg 5%- β-karoteen 449 μg 4%Tiamien (Vit. B1) 0.037 mg 3% Niasien (Vit. B3) 0.594 mg 4%Vitamien B6 0.08 mg6%Vitamien C 14 mg23%Vitamien E 0.54 mg4%Vitamien K 7.9 μg8%Magnesium 11 mg3% Fosfor 24 mg3%Kalium 237 mg 5%Likopeen 2573 µg Skakel na USDA Databasis-inskrywing
Persentasies is relatief tot VS
aanbevelings vir volwassenes.
Bron: USDA Voedingstof-databasis

Die woord tamatie kan na die plant (Solanum lycopersicum) verwys, of na die eetbare, gewoonlik pragtige rooi vrug wat dit dra. Die tamatie is oor die wêreld heen versprei gedurende die Spaanse kolonialisering van die Suid-Amerikas, waar dit oorspronklik vandaan kom. Dit word nou baie algemeen verbou, insluitend kweekhuise of plastiektonnels in koeler wêrelddele.

Tamaties word op verskeie maniere verbruik, byvoorbeeld rou, gebraai of gekook as bestanddeel van baie geregte en souse, en ook in drankies. Plantkundig word die tamatie as 'n vrug beskryf, maar vir kookdoeleindes word dit as 'n groentesoort beskou. Dit mag verwarring veroorsaak, soos in 'n hooggeregshofgeding al ondervind is in die VSA.[1]

Die vrug is ryk aan likopeen, wat positiewe gesondheidseienskappe kan bevorder. Die tamatie behoort tot die nagskadu-familie. Die plante groei gewoonlik een tot drie meter (3 tot 10 vt) hoog en beskik oor 'n slap stam wat in die algemeen oor die grond kruip of oor ander plante rank. In sy natuurlike habitat is die tamatie 'n meerjarige plant, maar binnenshuis kan dit as 'n eenjarige gekweek word.

Daar is heelwat natuurlike vyande vir tamaties bv. insekte, en roes, 'n soort swam wat gedy wanneer die tamaties te klam bly.

Wêreldwye produksie en uitvoer

Die wêreldwye produksie van tamaties (beide vars en verwerk) bereik 161.8 miljoen ton in 2012. 'n Groot aandeel in die verhoogde produksie kan toegeskryf word aan verbeterde produksiemetodes in die lande in Asië, 'n gebied wat meer as 60% van die wêreld se tamaties geproduseer het in 2012.

Limpopo is Suid-Afrika se belangrikste produksiegebied, gevolg deur Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Oos-Kaap. Dit is naas aartappels die gewildste groentegewas in die land.[2]

Top tamatieproduserende lande (2017)

Volgens FAOSTAT was die topprodusente van tamaties in 2017:[3]

Land Metrieke ton Vlag van Volksrepubliek China China 59 514 773 Vlag van Indië Indië 20 708 000 Vlag van Turkye Turkye 12 750 000 Vlag van Verenigde State van Amerika VSA 10 910 990 Vlag van Egipte Egipte 7 297 108 Vlag van Iran Iran 6 177 290 Vlag van Italië Italië 6 015 868 Vlag van Spanje Spanje 5 163 466 Vlag van Brasilië Brasilië 4 243 058 Vlag van Meksiko Meksiko 4 243 058 Wêreldtotaal 182 301 400

Sien ook

Verwysings

  1. Full text of the opinion in Nix v. Hedden courtesy of Findlaw.com.
  2. Die Nasionale Landbougids, 2011, RainbowSA, ISBN 0620465212, ISBN 9780620465212
  3. "Production of Tomatoes by country". Food and Agriculture Organization. 2017. Besoek op 30 Jan 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Tamatie: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die woord tamatie kan na die plant (Solanum lycopersicum) verwys, of na die eetbare, gewoonlik pragtige rooi vrug wat dit dra. Die tamatie is oor die wêreld heen versprei gedurende die Spaanse kolonialisering van die Suid-Amerikas, waar dit oorspronklik vandaan kom. Dit word nou baie algemeen verbou, insluitend kweekhuise of plastiektonnels in koeler wêrelddele.

Tamaties word op verskeie maniere verbruik, byvoorbeeld rou, gebraai of gekook as bestanddeel van baie geregte en souse, en ook in drankies. Plantkundig word die tamatie as 'n vrug beskryf, maar vir kookdoeleindes word dit as 'n groentesoort beskou. Dit mag verwarring veroorsaak, soos in 'n hooggeregshofgeding al ondervind is in die VSA.