dcsimg

Neusstreep-anemoonvis ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Neusstreep-anemoonvis (Amphiprion akallopisos) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Nosestripe anemonefish.

Voorkoms

Die vis se kop en lyf is oranje. Daar is 'n wit streep wat vanaf die snoet oor die kop en dorsale vin strek tot by die stertvin. Die dorsale en stertvinne is wit terwyl die anale en pektorale vinne gelerig is. Die vis word tot 10 cm groot.

Habitat

Die vis verkies om te leef aan die buite rante van koraalriwwe in water wat 3 – 25 m diep is. Hulle eet soöplankton en alge. Die visse is ook hermafrodiete. Die visse kom in kleiner skole voor waarin daar 'n dominante wyfie en een volwasse en 'n klomp onvolwasse mannetjies is. Indien die wyfie iets sou oorkom verander die volwasse mannetjie van geslag en neem die wyfie se plek in. Een van die groter onvolwasse visse neem weer die mannetjie se plek in. Die anemoonvisse word immuun teen seeanemone se gif.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Neusstreep-anemoonvis: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Neusstreep-anemoonvis (Amphiprion akallopisos) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Nosestripe anemonefish.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF