dcsimg

Maskering-klipkabeljou ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Maskering-klipkabeljou (Epinephelus polyphekadion) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Stille Oseaan area, die Rooisee en langs die ooskus van Afrika tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Marbled rockcod.

Identifikasie

Die vis word tot 65 cm lank. Twee kenmerke van die vis is 'n swart vlek op die basis van die stertvin en twee swart kolletjies op die punt van die snoet van die vis. Die kop en lyf is ligbruin van kleur en bedek met onreëlmatige, groot bruin vlekke. Die hele vis is ook oortrek met klein, bruin kolletjies. Die vis leef in koraalareas van tropiese mere en beskutte riwwe in water wat 3 tot 50 m diep is. Hulle vreet hoofsaaklik skaaldiere en soms ander vis.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

  1. Russell, B., Situ, A. & Cornish, A. (Grouper & Wrasse Specialist Group) 2006. Epinephelus polyphekadion. In: IUCN 2013. IUCN Red List of Threatened Species. Version 2013.1. . Downloaded on 19 October 2013.

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Maskering-klipkabeljou: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Maskering-klipkabeljou (Epinephelus polyphekadion) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Stille Oseaan area, die Rooisee en langs die ooskus van Afrika tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Marbled rockcod.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF