dcsimg
Image of lanceleaf polypody
Creatures » » Plants » » Polypodiopsida » » Polypody Family »

Lanceleaf Polypody

Pleopeltis macrocarpa (Bory ex Willd.) Kaulf.

Lansvaring ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Lansvaring (Pleopeltis macrocarpa (Bory ex Willd.) Kaulf.) is 'n varingspesie wat in Suid-Afrika in die provinsies Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga en Limpopo voorkom.[1] Die plant het 'n groot voorkomsgebied wat die tropiese Afrika en die westelike gebied van die Indiese Oseaan omvat. Die variëteite P. m. var. laciniata en var. intejecta word in Peru, Mexico en Guatemala aangetref.[2]

Die plant is epilieties of epifieties. Dit het 'n wortelstok wat tot 2 mm dik kan wees en sydelings vertak is. Die blare is reguit of geboë en kan 300 mm lank wees. Die stingel is tot 52 mm lank en 1,2 mm dik.[2]

Dit groei in diep skaduwee in vogtige immergroen bosse. Dit vermeerder deur spore of deur die vertakte wortelstokke. Die groei is beperk tot die natseisoen. In die droë wintermaande rus die plant.[2]

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Lansvaring: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Lansvaring (Pleopeltis macrocarpa (Bory ex Willd.) Kaulf.) is 'n varingspesie wat in Suid-Afrika in die provinsies Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga en Limpopo voorkom. Die plant het 'n groot voorkomsgebied wat die tropiese Afrika en die westelike gebied van die Indiese Oseaan omvat. Die variëteite P. m. var. laciniata en var. intejecta word in Peru, Mexico en Guatemala aangetref.

Die plant is epilieties of epifieties. Dit het 'n wortelstok wat tot 2 mm dik kan wees en sydelings vertak is. Die blare is reguit of geboë en kan 300 mm lank wees. Die stingel is tot 52 mm lank en 1,2 mm dik.

Dit groei in diep skaduwee in vogtige immergroen bosse. Dit vermeerder deur spore of deur die vertakte wortelstokke. Die groei is beperk tot die natseisoen. In die droë wintermaande rus die plant.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF