dcsimg

Sprokiesboom ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die sprokiesboom (Moringa ovalifolia) is 'n boom wat inheems is aan Namibië en die suide van Angola. Dit kom vanaf die platorand noord van Keetmanshoop tot die Kaokoveld in die noorde voor en verder in Angola in die droë Mopaniebosland. Hulle is bekend van die Sprokieswoud van Etosha.

Dit is 'n boom met 'n dik sukkulente stam wat sy blare verloor en 7 m hoog word. Die bas is glad en koper- tot silwerkleurig. Die blare kan 2,5 cm lank word. Dit kry wit blommetjies[1] en die vrugte is lang peule.

Die Boesmans gebruik hierdie boom wanneer hulle geen water kan vind nie. Hulle maak 'n klein gat in die sagte bodem van die stam en met 'n pypie tap hulle die bitter sap af. [2]

Fotogalery

Verwysings

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Sprokiesboom: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die sprokiesboom (Moringa ovalifolia) is 'n boom wat inheems is aan Namibië en die suide van Angola. Dit kom vanaf die platorand noord van Keetmanshoop tot die Kaokoveld in die noorde voor en verder in Angola in die droë Mopaniebosland. Hulle is bekend van die Sprokieswoud van Etosha.

Dit is 'n boom met 'n dik sukkulente stam wat sy blare verloor en 7 m hoog word. Die bas is glad en koper- tot silwerkleurig. Die blare kan 2,5 cm lank word. Dit kry wit blommetjies en die vrugte is lang peule.

Die Boesmans gebruik hierdie boom wanneer hulle geen water kan vind nie. Hulle maak 'n klein gat in die sagte bodem van die stam en met 'n pypie tap hulle die bitter sap af.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF