dcsimg

Sekelvin-ghieliemientjie ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Sekelvin-ghieliemientjie (Barbus haasianus) is 'n varswater vis wat voorkom in die Zambiese gedeelte van die Kongorivier, die Okavangorivier, die boonste en onderste gedeeltes van die Zambezirivier, die Kafuerivier en die Pungwerivier. In Engels staan die vis bekend as Sickle-fin barb.

Voorkoms

Die vis is 'n klein spesie en word slegs 32 mm lank. Dit het geen sylyn of baarde nie. Die analevin van volwasse mannetjies het die vorm van 'n sekel. Die vis is deurskynend bruin en die broeiende mannetjies word rosig rooi. Die vis het 'n dun streep oor die middel van die lyf wat eindig in 'n kol op die basis van die stertvin. Daar is 'n klein swart driehoek op die basis van die dorsalevin en 'n swartkol op die basis van die analevin.

Habitat

Die vis leef in moerasse en vloedvlaktes met volop plantegroei.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Sekelvin-ghieliemientjie: Brief Summary ( Afrikaans )