Die Basboom of Kannabas (Dais cotinifolia) is 'n klein boompie wat voorkom van Limpopo, suidwaarts deur Mpumalanga en KwaZulu-Natal tot by Oos-Londen. Die boompie groei veral in woude en bosse. Die buisvormige blomme is pienk tot ligpers en word gedra in digte ronde hofies. Aan die basis van die blom is vier groot, skildvormige skubbe wat later houtagtig word en tot die volgende blomseisoen aan die boom bly. Die blare is deursigtig wanneer dit teen die lig gehou word. Die bome word dikwels vernietig of beskadig om die bas te verkry - waarvan toue gemaak word.