dcsimg
Unresolved name

Eumetazoa

Eumetazoa ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Eumetazoa is ’n subkoninkryk onder diere. Die naam beteken letterlik "regte ná diere" (Grieks: εὖ eu + μετά metá + ζῷον zoon). Dit bevat alle groot diergroepe buiten sponse, Placozoa en verskeie ander uitgestorwe of obskure lewensvorme. Kenmerkend van Eumetazoa is ware weefsel wat in kiemlae georganiseer is, die teenwoordigheid van neurone en ’n embrio wat deur ’n gastrula-stadium gaan. Die groep sluit gewoonlik minstens Ctenophora, Cnidaria en Bilateria in. Of Mesozoa daarin hoort, word betwis.

Animalia (Metazoa)

Porifera Ascon.jpg



PlacozoaTrichoplax.jpg



Eumetazoa

Mesozoa?





CtenophoraCtenophore.jpg



CnidariaMedusae of world-vol03 fig360 Atolla chuni.jpg




BilateriaCyprinus carpio3.jpg






Sommige filogenetici het al voorgestel dat sponse en Eumetazoa apart van eensellige organismes ontwikkel het, wat sou beteken die diereryk vorm nie ’n klade (’n volledige groepering van alle organismes wat van ’n gemeenskaplike voorouer afstam) nie. Genetiese studies en sommige morfologiese eienskappe, soos die gemeenskaplike teenwoordigheid van koanosiete, steun egter die idee van ’n gemeenskaplike oorsprong.[1]

Die Eumetazoa het in die Neoproterosoïkum (waarskynlik in die Kriogenium) ontstaan.

Verwysings

  1. (April 2009) “Phylogenomics revives traditional views on deep animal relationships”. Curr. Biol. 19 (8): 706–12. doi:10.1016/j.cub.2009.02.052.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Eumetazoa: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Sommige filogenetici het al voorgestel dat sponse en Eumetazoa apart van eensellige organismes ontwikkel het, wat sou beteken die diereryk vorm nie ’n klade (’n volledige groepering van alle organismes wat van ’n gemeenskaplike voorouer afstam) nie. Genetiese studies en sommige morfologiese eienskappe, soos die gemeenskaplike teenwoordigheid van koanosiete, steun egter die idee van ’n gemeenskaplike oorsprong.

Die Eumetazoa het in die Neoproterosoïkum (waarskynlik in die Kriogenium) ontstaan.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF