Die Kaokosesambos (Sesamothamnus benguellensis) is 'n doringagtige, kremetartagtige dwergplant of klein boompie wat in die noordweste van Namibië voorkom in rotsagtige habitatte. Die boom is vir die grootste gedeelte van die jaar blaarloos en het net na reën blare en dan slegs vir ongeveer 'n maand. Die boom dra wit blomme.