Die olyfkleurige grasslang (Psammophis mossambicus) is 'n slang wat in die noordooste van Suid-Afrika voorkom. Die slang word 100 tot 180 cm lank. Die reptiel leef in klam plekke naby water. Dit is olyfbruin en die skubbe het donker rande en die pens is gelerig. Dit kan ook sy voorste derde optel soos die swartmamba waarmee dit verwar word. Die slang is aktief in die dag en vreet akkedisse, paddas, soogdiertjies en ook ander slange. Sy gif word as matig gereken.

'n Olyfkleurige grasslang