dcsimg

Bonobo ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die bonobo of Pan paniscus, voorheen bekend as die dwergsjimpansee,[2] is ’n spesie van mensape. ’n Nabyverwant is die gewone sjimpansee. Fossiel- en DNA-toetse wys albei spesies is sustersgroepe van die moderne menslike lyn. Hoewel die term "sjimpansee" soms gebruik word om na albei spesies te verwys, word dit deesdae meestal gebruik vir Pan troglodytes, terwyl die naam "bonobo" gebruik word vir Pan paniscus.

Kenmerke

 src=
Bonobos aan die paar, Jacksonville-dieretuin.

Dit word gekenmerk deur relatief lang bene, pienk lippe, ’n donker gesig en lang hare wat weerskante van die voorkop afhang. Die bonobo kom voor in ’n gebied van 500 000 km2 in die Kongo-bekken van die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die spesie is omnivore en hou hoofsaaklik in woude.

Die bonobo word veral gekenmerk deur sy hoë vlakke van seksuele gedrag. Hulle gebruik seks om konflik op te los, vir sosiale status, as hulle opgewonde is en om stres te verminder. Dit kom voor in feitlik enige kombinasie van maats en in verskeie posisies. Dit is ’n bydraende faktor tot die lae aggressievlakke by die bonobo in vergelyking met die sjimpansee en ander ape. Bonobos is matriargaal en die mannetjie se rang in die hiërargie hang af van sy ma se status.

Nie die bonobo of sjimpansee is goeie swemmers nie en die vorming van die Kongorivier sowat 1,5-2 miljoen jaar gelede het moontlik gelei tot die splitsing van die bonobo-lyn. Bonobo's bly suid van die rivier en het dus geskei geraak van die voorouers van die sjimpansee, wat noord van die rivier bly. Daar is geen konkrete inligting oor getalle nie, maar daar is na raming tussen 29 500 en 50 000 bonobo's oor. Die spesie is op die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUBN) se lys van bedreigde spesies. Hulle word bedreig deur die vernietiging van hul habitat en die groter wordende mensbevolkings, maar hoofsaaklik deur wilddiefstal. In aanhouding leef hulle sowat 40 jaar,[3] maar hul lewensverwagting in die natuur is onbekend.

Etimologie

Ondanks die ou naam "dwergsjimpansee" is die bonobo nie eintlik kleiner as die gewone sjimpansee nie. Die "dwerg"-deel kom moontlik van die pigmeëvolk wat in dieselfde gebied woon.[4] Die naam "bonobo" is in 1954 die eerste keer gebruik deur Tratz en Heck. Dit is vermoedelik die verkeerde spelling op ’n skeepskrat van die dorp Bolobo aan die Kongorivier, wat verbind word met die verskeping van sjimpansees in die 1920's.[5][6]

Verwysings

  1. Fruth, B., Benishay, J.M., Bila-Isia, I., Coxe, S., Dupain, J., Furuichi, T., Hart, J., Hart, T., Hashimoto, C., Hohmann, G., Hurley, M., Ilambu, O., Mulavwa, M., Ndunda, M., Omasombo, V., Reinartz, G., Scherlis, J., Steel, L. & Thompson, J. (2008). Pan paniscus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 4 Januarie 2009.
  2. de Waal, Frans; Lanting, Frans (1997). Bonobo: The Forgotten Ape. University of California Press. ISBN 0-520-20535-9.
  3. Rowe, N. (1996) Pictural Guide to the Living Primates, Pogonias Press, East Hampton, ISBN 0-9648825-1-5.
  4. Williams, A.; Myers, P. (2004). "Pan paniscus". Animal Diversity Web. Besoek op 6 Januarie 2012.
  5. Savage-Rumbaugh, Sue; Lewin, Roger (1994). Kanzi: the ape at the brink of the human mind. John Wiley & Sons. p. 97. ISBN 0-385-40332-1.
  6. de Waal, Frans (2005). Our Inner Ape. Riverhead Books. ISBN 1-57322-312-3.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Bonobo: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die bonobo of Pan paniscus, voorheen bekend as die dwergsjimpansee, is ’n spesie van mensape. ’n Nabyverwant is die gewone sjimpansee. Fossiel- en DNA-toetse wys albei spesies is sustersgroepe van die moderne menslike lyn. Hoewel die term "sjimpansee" soms gebruik word om na albei spesies te verwys, word dit deesdae meestal gebruik vir Pan troglodytes, terwyl die naam "bonobo" gebruik word vir Pan paniscus.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF