Die Vuurkopvink (Euplectes hordeaceus) is 'n standvoël wat voorkom in sentraal Mosambiek. In Engels staan die voël bekend as die Black-winged Bishop.
Die voël is 12 cm lank en weeg tussen 18-28 g. Die broeiende mannetjie is swart en rooi; die hele voorkroon is swart en die slagvere is swarterig. Die wyfie het breë dofgeel wenkbroue, fyn gestreepte bors en bruinerige snawel.
Die Vuurkopvink (Euplectes hordeaceus) is 'n standvoël wat voorkom in sentraal Mosambiek. In Engels staan die voël bekend as die Black-winged Bishop.