dcsimg

Makriel ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Makriel (Scomber japonicus) is 'n vis wat aan die hele kus van Suid-Afrika voorkom. In Engels staan dit bekend as die Mackerel. Die vis is ook bekend as die Pasifiese makriel of Blou makriel en is na verwant aan die Atlantiese makriel.

Voorkoms

Die vis het 'n ronde, gestroomlynde lyf wat dit amper soos 'n tuna laat lyk. Die stert is dun by die basis en maak 'n diep vurk. Die rugkant van die vis is helder silwerig, met donkergroen golwende lyne aan die kante, terwyl die pens silwerwit is. Op die pens is ook klein swart kolletjies. Die vinne is bleekblou. Die visse weeg selde meer as 'n 1 kg terwyl enkele visse van 3 kg al gevang is.

Habitat en gewoontes

Die vis kom in diep waters voor (300 m is nie ongewoon nie) tot op die rand van die kontinentale plato. Makriel is 'n skoolvis wat leef op plankton, kril, klein vissies en klein pylinkvissies.

Makriel is 'n gewilde kommersiële eetvis, vanweë sy sagte vlees en goeie smaak. Makriel is ook hoog in omega-3 onversadigde vette en vitamien D, en 100 g gekookte vis verskaf 345 IU (3.45 IU/g) vitamien D.[1]

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. "Dietary Supplement Fact Sheet: Vitamin D". Office of Dietary Supplements (ODS). National Institutes of Health (NIH). Besoek op 2010-04-11.

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Makriel: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Makriel (Scomber japonicus) is 'n vis wat aan die hele kus van Suid-Afrika voorkom. In Engels staan dit bekend as die Mackerel. Die vis is ook bekend as die Pasifiese makriel of Blou makriel en is na verwant aan die Atlantiese makriel.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF