dcsimg

Vliesvlerkiges ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Vliesvlerkiges (of vliesvleueliges, Hymenoptera) is 'n groot orde van insekte. Die orde omvat honderde duisende spesies insekte wat almal dun, deursigtige vlerke het. Van die bekende lede hiervan is miere, bye en perdebye.[1]

Hymenoptera beteken letterlik vlies (hymen) vleuel (pteron, meervoud ptera) en dui op die vliesagtige vlerke wat nie deels verhard is (soos by die kewers) nie, en wat nie skubbe het (soos by vlinders) nie. 'n Reeks hakies, wat hamuli genoem word, verbind die agterste met die voorste vlerke.

Die wyfies het gewoonlik 'n spesiale lêboor (ovipositor) vir die lê eiers in gashere of andersins ontoeganklik plekke. Die lêboor is dikwels in 'n angel gewysig. Hierdie insekte ondergaan 'n volledige metamorfose en het dus 'n wurmagtige larwestadium en 'n onaktiewe papiestadium, voordat hulle volwassenheid bereik.

Verwysings

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Vliesvlerkiges: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Vliesvlerkiges (of vliesvleueliges, Hymenoptera) is 'n groot orde van insekte. Die orde omvat honderde duisende spesies insekte wat almal dun, deursigtige vlerke het. Van die bekende lede hiervan is miere, bye en perdebye.