Gousblomme (veral genus Arctotis) in die Suid-Afrikaanse opsig, is blomplante uit die familie Asteraceae, en veral die Calenduleae- en Arctotideae-tribusse daarvan, wat groot, geel blomhofies voortbring en in die suidweste van Suid-Afrika aangetref word.[3] As Suid-Afrikaanse volksnaam is dit aanvanklik toegepas op spesies in die genera Arctotis en Gazania, maar is later ook toegepas op spesies in die genera Arctotheca en Dimorphotheca,[3] d.w.s. naverwante genera wat ook oranje, geel of wit blomhofies het. 'n Randjie naby Ceres genaamd Gousblomhoogte is byvoorbeeld vernoem na 'n Dimorphotheca-spesie. Die naam is van Nederlandse oorsprong, waar dit verwys na Calendula officinalis, 'n waarskynlik Europese blomplant, wat in Nederland en elders as sierplant verbou word. Gousblom beteken "goue blom" en die genusnaam Gazania, wat sinspeel op rykdom, is moontlik ook daaraan te danke.[3]
Die Compositae is verreweg die grootste familie onder die blomplante. Dit bestaan uit meer as 'n duisend genera en tussen 13 000 en 20 000 spesies. Dit is versprei oor die meeste vastelande van die wêreld en sluit sulke wyduiteenlopende plante soos kropslaai, sonneblomme en madeliefies in.
Meer as 200 genera word in Suid-Afrika aangetref. Hoewel die naam gousblom dikwels gebruik word vir die plantfamilie Compositae, word met gousblomme meestal bedoel die kleiner geel, wit en helderoranje veldblomme en daaruit ontstaande en gekweekte hibrides, wat genera soos Arctotis, Dimorphotheca, Gazania, Arctotheca, Gerbera, Helichrysum en Phaenocoma insluit. Kenmerkend vir alle gousblomagtiges is die saamgestelde bloeiwyse.
Die saamgestelde blomme van die meeste van die spesies is op kenmerkende wyse gerangskik. Aan die bokant van elke blomsteel is daar 'n blombodem waaruit 'n groot aantal klein gousblom blommetjies, elk 'n volledige blom, dig langs mekaar groei. Saam vorm hulle die blomhofie. By die madeliefie, byvoorbeeld, is die skyfblommetjies klein, en die vyf kroonblare is vergroei tot 'n dun, buisvormige blomkroon. Die buitenste straalblomme is heelwat groter en hulle kroonblare is vergroei tot lintvormige uitsteeksels en vorm ʼn kleurvolle ring am die blomhofie. Elke blom het vyf meeldrade; die helmknoppe voeg rondom die styl saam en elke vrugbeginsel bevat net een saadjie.
Die naam word vir sommige Suid-Afrikaanse inheemse spesies gebruik.[4]
Wetenskaplike naam Gousblom Ander name Arctotis acaulis L. Gousblom[3] Botterblom, Renostergousblom, Witbotterblom Arctotis adpressa DC. Gousblom Arctotis arctotoides (L.f.) O.Hoffm. — Bittergousblom, Botterblom Arctotis breviscapa Thunb. Gousblom Sandveldgousblom Arctotis campanulata DC. Gousblom[3] Arctotis diffusa Thunb.Die naam word ook vir 'n spesie gebruik wat waarskynlik uit Europa stam, Calendula officinalis, waarvan baie kultivars as tuinplante gekweek word.[8]
Gousblomme (veral genus Arctotis) in die Suid-Afrikaanse opsig, is blomplante uit die familie Asteraceae, en veral die Calenduleae- en Arctotideae-tribusse daarvan, wat groot, geel blomhofies voortbring en in die suidweste van Suid-Afrika aangetref word. As Suid-Afrikaanse volksnaam is dit aanvanklik toegepas op spesies in die genera Arctotis en Gazania, maar is later ook toegepas op spesies in die genera Arctotheca en Dimorphotheca, d.w.s. naverwante genera wat ook oranje, geel of wit blomhofies het. 'n Randjie naby Ceres genaamd Gousblomhoogte is byvoorbeeld vernoem na 'n Dimorphotheca-spesie. Die naam is van Nederlandse oorsprong, waar dit verwys na Calendula officinalis, 'n waarskynlik Europese blomplant, wat in Nederland en elders as sierplant verbou word. Gousblom beteken "goue blom" en die genusnaam Gazania, wat sinspeel op rykdom, is moontlik ook daaraan te danke.