dcsimg
Image of poinsettia
Creatures » » Plants » » Dicotyledons » » Spurge Family »

Poinsettia

Euphorbia pulcherrima Willd. ex Klotzsch

Poinsettia ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die poinsettia of Euphorbia pulcherrima is ’n belangrike plantspesie van die uiteenlopende melkkruidfamilie, Euphorbiaceae, wat inheems is aan Mexiko en Sentraal-Amerika. Dit is veral bekend vir sy rooi en groen blare en sy gebruik in Kersrangskikkings.

Eienskappe

 src=
Die blare, skutblare en blomme van ’n poinsettia in Indië.
 src=
’n Euphorbia pulcherrima van naby.

Euphorbia pulcherrima is ’n struik of klein boom wat gewoonlik sowat 0,6 tot 4 meter hoog word. Dit het donkergroen, getande blare van sowat 7 tot 16 cm lank. Die blomme is klein en onopvallend, maar die gekleurde skutblare is meestal helderrooi. Hulle kan egter ook oranje, groen, roomkleurig, pienk of wit wees.

Die kleure word deur ligperiodes geskep, wat beteken die plant verg donkerte (12 uur op ’n slag, minstens vyf dae in ’n ry) om van kleur te verander. Deur die dag moet dit weer volop lig kry vir die helderste kleur.[1]

Daar is meer as 100 variëteite.[2][3] In dele waar dit nie natuurlik voorkom nie, word dit gewoonlik as ’n huisplant gegroei, maar dit aard ook buite, waar dit goeie oggendson verkies en dan skadu tydens die warm deel van die dag. Hulle kan ook in die winter buite gehou word in rypvrye gebiede.

Probleme

Poinsettias kan verskeie siektes kry – meestal swamsiektes, maar ook bakterieë en parasiete. As die blare silwerkleurige vlekke ophet, het dit silwerblaarvirus en moet die plant vernietig word aangesien daar geen kuur voor is nie.[4]

Die melksap van die plant is effens giftig.[5] Dit kan ’n allergiese reaksie by sensitiewe mense veroorsaak.[6] Dit kan ook die vel en maag irriteer,[7] en as dit geëet word, soms diarree en vomering veroorsaak.[8]

Verwysings

  1. "How To Make Poinsettia Turn Red: Make A Poinsettia Rebloom". Gardening Know How. Besoek op 28 Januarie 2010.
  2. Perry, Dr. Leonard. "Fun Facts About Poinsettia". Perry's Perennial Pages. Universiteit van Vermont. Besoek op 7 Mei 2014.
  3. Seltzer, Erica D.; Spinner, MaryAnne. "Poinsettia Facts". The Poinsettia Pages. Universiteit van Illinois Extension. Besoek op 22 Desember 2014.AS1-onderhoud: Veelvoudige name: authors list (link)
  4. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0
  5. Tom Eke, Sahar Al-Husainy & Mathew K. Raynor (2000). “The spectrum of ocular inflammation caused by Euphorbia plant sap” (PDF). Arch Ophthalmol. 118 (1): 13–16. doi:10.1001/archopht.118.1.13.
  6. "Latex Allergy? Beware Poinsettias". WebMD. Besoek op 28 Januarie 2010.
  7. "Euphorbia". The Southern Living Garden Book (2de). (Januarie 2004). Birmingham, Alabama: Oxmoor House.
  8. "Are Poinsettia Plants Poisonous? Fact or Fiction?". Besoek op 21 Desember 2007.

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Poinsettia: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die poinsettia of Euphorbia pulcherrima is ’n belangrike plantspesie van die uiteenlopende melkkruidfamilie, Euphorbiaceae, wat inheems is aan Mexiko en Sentraal-Amerika. Dit is veral bekend vir sy rooi en groen blare en sy gebruik in Kersrangskikkings.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF