Neteldiere, holtediere of Cnidaria vorm ’n filum van die diereryk. Die filum bevat die skyf- en kubuskwalle, die hidropoliepe en die blomdiere. Hulle kom almal in die water voor, hoofsaaklik seewater.
Neteldiere kom al lank op die aarde voor, maar aangesien hulle lank geen skelet gevorm het nie, is die fossiele bewyse vir hul bestaan beperk tot die steenkorale en ’n paar goed bewaarde afdrukke van kwalagtiges. Die vroegste bekende meersellige lewe op aarde, die Ediacara-fauna, wat van 542 miljoen tot 630 miljoen jaar gelede dateer, bevat al duidelike fossiele van neteldiere.
Die basiese vorm van die neteldier is ’n sakkie met net een opening, wat as mond én anus dien. Om die opening is tentakels, waarin gespesialiseerde selle voorkom wat angeltjies kan uitskiet. Dit is die netelselle, waaraan die diere hul naam te danke het. Die gif wat daaruit skiet, verlam die prooi, wat daarna deur die tentakels na die "mond" gebring word. In teenstelling met byvoorbeeld sponsdiere, het neteldiere duidelik verskillende organe: byvoorbeeld ’n opperhuid, maag en eenvoudige senustelsel.
Die lewensiklus van die neteldier bevat in beginsel twee stadiums: ’n poliep- en kwalstadium. In die poliepstadium sit die dier meestal aan die bodem vas met sy mond en vangarms na bo. In die kwalstadium dryf dit saam met die seestrome met sy mond en vangarms na onder. By korale en seeanemone is die poliepstadium die belangrikste en is die kwalstadium die larwestadium. By kwalle is dit andersom.
Sowel geslagtelike as ongeslagtelike voortplanting kom by neteldiere voor.
Die Cnidaria word in ses klasse verdeel:
Korale, bloublasies en seeanemone behoort almal tot die filum Cnidaria. Die belangrikste klas vir koraalriwwe is die Anthozoa (blomdiere). Hulle word in twee onderklasse verdeel: Zoantharia (of Hexacorallia) en Alcyonaria (of Octocorallia). Die voorvoegsels hexa- (ses) en octo- (agt) verwys na die getal tentakels wat die dier het.