dcsimg
Image of rooibos
Creatures » » Plants » » Dicotyledons » » Legumes »

Rooibos

Aspalathus linearis (Burm. fil.) R. Dahlgren

Rooibos ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Rooibos (Aspalathus linearis) is 'n lid van die Fabaceae-familie plante, en word algemeen gebruik om kruietee van te maak. Dit behoort tot die Aspalathus plantgroep, wat bestaan uit meer as 200 spesies wat in die Sederberge van Suid-Afrika groei.

Die blare van die bos word geoes, gekneus en in die son gelaat om te oksideer, waarna hulle hul kenmerkende rooi kleur verkry. Hierdie produk word dan gekook of in water laat lê soos tee, om 'n drankie te maak wat beide warm en koud geniet word. Die produk word ook gereeld as "rooi tee" bemark. Rooibostee staan ook bekend as naald-, speld- of koopmanstee.[1]

Rooibos het ook sy opwagting gemaak in gesondheids- en skoonheidsprodukte, en was wyd deur die antieke San van die streek gebruik. Dit is vry van kafeïen en bevat Aspalathin, 'n geurstof wat gevind word in medisinale kruie wat gebruik word om vel- en sirkulasieprobleme mee te behandel. Rooibos het 'n besonder hoë vitamien C-inhoud van 15,7 mg per 100 g. Dit het min tannien (sowat 4,4 persent teenoor die 12 persent in gewone tee). Tannien belemmer die absorpsie van minerale. Rooibostee bevat ook klein hoeveelhede fluoried, kalsium en mangaan.

Japannese navorsing oor die effekte van oligosakkariede, wat ook in Rooibos gevind word, dui aan dat hierdie stowwe die immuunstelsel help om virusinfeksies af te weer.

Rooibos is ryk aan flavonoïde, antioksidante wat die optrede van Superoksied Dismutase (S.O.D.) naboots deurdat hulle vry radikale verwyder.

Ander voorgestelde voordele sluit in:

Verwysing

  1. Verklarende Afrikaanse Woordeboek (Van Schaik). 1956- en 1992-uitgawe

Eksterne skakels

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Rooibos: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Rooibos (Aspalathus linearis) is 'n lid van die Fabaceae-familie plante, en word algemeen gebruik om kruietee van te maak. Dit behoort tot die Aspalathus plantgroep, wat bestaan uit meer as 200 spesies wat in die Sederberge van Suid-Afrika groei.

Die blare van die bos word geoes, gekneus en in die son gelaat om te oksideer, waarna hulle hul kenmerkende rooi kleur verkry. Hierdie produk word dan gekook of in water laat lê soos tee, om 'n drankie te maak wat beide warm en koud geniet word. Die produk word ook gereeld as "rooi tee" bemark. Rooibostee staan ook bekend as naald-, speld- of koopmanstee.

Rooibos het ook sy opwagting gemaak in gesondheids- en skoonheidsprodukte, en was wyd deur die antieke San van die streek gebruik. Dit is vry van kafeïen en bevat Aspalathin, 'n geurstof wat gevind word in medisinale kruie wat gebruik word om vel- en sirkulasieprobleme mee te behandel. Rooibos het 'n besonder hoë vitamien C-inhoud van 15,7 mg per 100 g. Dit het min tannien (sowat 4,4 persent teenoor die 12 persent in gewone tee). Tannien belemmer die absorpsie van minerale. Rooibostee bevat ook klein hoeveelhede fluoried, kalsium en mangaan.

Japannese navorsing oor die effekte van oligosakkariede, wat ook in Rooibos gevind word, dui aan dat hierdie stowwe die immuunstelsel help om virusinfeksies af te weer.

Rooibos is ryk aan flavonoïde, antioksidante wat die optrede van Superoksied Dismutase (S.O.D.) naboots deurdat hulle vry radikale verwyder.

Ander voorgestelde voordele sluit in:

Anti-inflammatoriese en anti-allergiese eienskappe verligting van hooikoors, asma en allergieë verligting van slapeloosheid en spanning verligting van hardlywigheid, maagkrampe en koliek in klein kinders verligting van velprobleme soos aknee, ekseem en doekuitslag  src=

Rooibosplant, Clanwilliam, Suid-Afrika

 src=

Blomme aan 'n Rooibosplant, Clanwilliam, Suid-Afrika

 src=

Rooibos-plaas in Clanwilliam, hier word Rooibos gedroog

 src=

Rooibostee, gedroog en gesny

 src=

Rooibostee in 'n glas

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF